Kleinmond se poskantoor al ’n jaar lank ‘gesluit’

Dis amper op die datum ’n jaar later nadat verskeie inwoners begin kla het oor die plaaslike poskantoor in Kleinmond wat toe is en met ’n kennisgewing wat lui: “Gesluit tot verdere kennisgewing”.


Dis amper op die datum ’n jaar later nadat verskeie inwoners begin kla het oor die plaaslike poskantoor in Kleinmond wat toe is en met ’n kennisgewing wat lui: “Gesluit tot verdere kennisgewing”.

Die poskantoor was sedert daardie tyd weer so een of twee keer oop, maar daar is onlangs aangekondig dat die poskantoor gesluit is.

Die deure van die poskantoor staan nou al ’n ruk toe.

Hermanus Times het gaan uitvind wat werklik aangaan en hoe Kleinmonders nou met hul pos moet maak.

Johan Kruger, ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, sê die poskantoor is gesluit omdat die verhuurder nie die poskantoor se huurkontrak hernu het nie. “Die SA Poskantoor is tans dringend op soek na ’n ander perseel in Kleinmond. Ons sal posbusse so gou as moontlik by ’n nuwe lokaal oprig,” sê Kruger.

Hy sê tot dan is die beste alternatief vir plaaslike inwoners om Bettysbaai se poskantoor te gebruik.

“Ons sal die publiek dadelik in kennis stel sodra Kleinmond weer sy eie poskantoor het.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.