Kom ons help dié wat ly

Die nood is groot . . . armoede is aan die orde van die dag en nie net ly mense en veral kinders en bejaardes honger nie, maar ook diere kry swaar weens Covid-19 en die ekonomiese stand van sake.


Die nood is groot . . . armoede is aan die orde van die dag en nie net ly mense en veral kinders en bejaardes honger nie, maar ook diere kry swaar weens Covid-19 en die ekonomiese stand van sake.

Dit is een van die redes waarom Hermanus Times besluit het om na mens en dier uit te reik. “Ons word oorval met stories oor vroue wat onder geslagsgegronde geweld deurloop, kinders wat wegraak, diere wat swaarkry en mense wat weens finansiële druk nie die mas kan opkom nie,” sê Mariëtte Strydom, die redakteur. “Verskeie organisasies sonder winsbejag trek ook swaar in die moeilike tye, en ons as koerant en deel van die gemeenskap, wil graag iets vir mens, dier en organisasie doen.”

Daarom nooi Hermanus Times sy lesers en adverteerders om deel te word van die projek “Ons gee om vir Hermanus”.

“Die gemeenskapskoerant wil met dié projek terugploeg in ’n gemeenskap wat die afgelope vyf jaar onder ekonomiese druk gebuk gaan.

“Ons vra enigiets – van niebederfbare produkte tot komberse, sanitêre doekies, hondekos, klere, skoolsokkies, skoolbenodigdhede ens. Ons sal hierdie produkte onder niewinsgewende organisasies en skole wat dit nodig het, versprei.”

Skenkings kan afgelaai word by Hoofstraat 34, Hermanus. . Skakel 028 312 3717 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.