kop

Toeskouers was Saterdag met rugby uit die boonste rakke getrakteer toe Safcol van Grabouw kragte teen Hawston Skrik vir Niks gemeet het.


Toeskouers was Saterdag met rugby uit die boonste rakke getrakteer toe Safcol van Grabouw kragte teen Hawston Skrik vir Niks gemeet het.

Maar dit was die voorwedstryd waar die Boland-vrouespan vriend en vyand verras het toe hulle die Sharks ’n Overberg-les kom leer het. Die vroue was vasberade en die geesdrif en dissipline waarmee hulle die wedstryd aangepak het, was aanvoelbaar. Die Sharks het baie strafskoppe afgestaan en die vroue van die Boland het die Sharks se foute uitgebuit en kort ná die afskop agter die Sharks se doellyn gaan kuier. Die Boland-vroue was voorlangs oral oor die Sharks en het een na die ander skrum en losskrum gewen. Die wedstryd het die hele tyd wipplank gery, maar die Boland-vroue het 20-19 koning gekraai.

In die hoofwedstryd tussen die eerste spanne van Safcol en Hawston Skrik vir Niks (SVN) het SVN die span van Safcol in ’n klipharde wedstryd 24-12 oorrompel. SVN het sy agterlyn die hele tyd gebruik en met ’n paar vaskoppe die oorhand oor Safcol gekry.

Die volledige punteleer van die liga en die wedstryde van die naweek is op Hermanus Times se Facebookblad.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.