Kommer hang swaar in die lug

Ons kan nie sommer daarvan vlug

Rampe kan ons nie vermy

Ons moet eenvoudig daarteen stry

Nederigheid moet ons toon

Asook ’n lewenswyse, veilig en skoon.

Verder ook ons samewerking gee

In alle opsigte – getrou en gedwee

Rowwe tye, kan ons dus verwag

Uiters gevaarlik met ’n dodelike slag

So dra elkeen van ons, sy eie vrag.

Soek jy elke dag daarna

Is jou voorraad op, en begin jy kla

Gou na die winkel, om dit te koop

As die kar nie werk, sal jy sommer loop

Rook se reuk, is in jou bloed

En net een trek, gee jou weer moed

Tevrede sit jy agteroor

Tot die lus, jou weereens toor

Ellende – want jy het verloor.

Die krane is nou toegedraai

Rum, wyn en whisky is in hul maai

Agtog mense, wees genadig asseblief

Net ’n bietjie wyn, maak my aktief

Kom nou! Anders word ek dalk ’n dief.

Maskers moet ons dra

Want almal kyk daarna.

Mense

Asseblief,

Sorg dat

Kontrole

Ernstige

Ramp

Stop!

Hettie Steyn, Hermanus

You need to be Logged In to leave a comment.