Aanhouer
wen, reken Langfaan toe ek hom vroeg die week gevra het of hy nog reken dat die
Kaap en sy maat al teen die Suid- en Suid-Weskus op nou eindelik wintereëns
gaan kry. Hy het in die middel van verlede maand gesê hier kom erge koue,
maar bitter min reën. Nou bruis die internet met foto’s van kinders wat nie in die sneeu mag speel
nie, want ma sê dit is moeilikheid soek. Mens moet sover moontlik van enige
verkoue af wegbly en nie vir die “prins van virusse” ‘n halwe kans gee om
ook nader te staan nie. Buurman
se vrou sê sy het juis al ‘n week lank ‘n loopneus en kan nie meer bybly om
papiersakdoeke (vir mans) te koop nie. Dis al wat help wanneer vroue
verkoue kry. Die fietse vrouesnesies nies ‘n mens glo met een slag
middeldeur. Langfaan volstaan by sy breër wêreldwye siening dat Moeder Aarde se weerpatroon
aan die taan is, ten spyte van hewige neerslae plek-plek en damme wat
begin voller loop. Die algemene prentjie hang egter nog onder ‘n
vraagteken.
Ons weerberig van verlede week het klem gelê op die ongewone hoë
Pascali-druklesings tot diep in die Arktika. Volgens Langfaan is dit ‘n
werkswinkel vir “koue aan die kom”, wanneer groot hoeveelhede warm lug vir dae
aanmekaar oor duisende kilometer verskuif. In die proses word erge
koue uit die Arktika ingesuig. Die Overberg wat op die naat van die
weerpatroon geleë is, het weer eens die ergste verandering misgeloop. Gister
het die lesings gewys dat een front na die ander vanaf 6 000 km, uit die diep
suidwestelike hoek van die Arktika by ons verby dryf en by Mosselbaai die
Indiese see inskiet. Marioneiland se navorsers moes oornag ekstra
warmgoed uitpak.
Die
Hermanus Times se inligting is dat ons in die Overstrand teen môre aand
tussen 10 en 12 mm neerslag sal meet, en ten spyte van die snerpende koue
elders in die land, temperature van nie minder as 12 °C sal meet nie.
Alles kom uit die noordweste. Die swaarste bui val vannag tussen
middernag en môreoggend.‘n
Heerlike sonnige naweek wag op ons, maar die nagtemperature sal tot 12 °C
daal, wat sleg is vir dakloses of mense in tente. Bedags styg dit egter weer
tot ‘n draaglike 19°C. En Maandag kom nog ‘n ligte neerslag, want
dan draai die oostewind om en word die nagte koud, soos Langfaan vrees,
tot 10 °C.