Kuns van hoop

Die oorlog in Oekraïne raak almal. Selfs die plaaslike kunstenaar van Onrus Jaco Sieberhagen, wie se jongste werke by Gearing’s Point deel is van die Hermanus Fynarts-fees, is deur die oorlog geraak. Die Fynarts vind van 10-19 Junie plaas.

“Die kunswerk, Sunflowers for Tanya, het ek gemaak ter nagedagtenis aan die sesjarige Tanya wat in Mariupol in die oorlog dood is,” vertel Sieberhagen. “Die sonneblom is Oekraïne se nasionale blom en die geel is ook deel van die kleure wat op die land se vlag verskyn. En teen die agtergrond van die blou lug, verteenwoordig dit die landsvlag van Oekraïne.”

Volgens ’n berig wat in Telegram verskyn het, het Tanya alleen van dehidrasie gesterf nadat Rusland die water- en kragtoevoer na Mariupol gestaak het. Die burgemeester, Vadim Boychenko, het in Telegram geskryf die liggaam van ’n meisie is tussen bourommel gevind. Die meisie se ma is ook op die toneel dood, en volgens Boychenko weet hulle nie hoe lank Tanya gely het voordat sy dood is nie.

Tanya se dood het almal oor die wêreld heen geraak, en dit is een van die redes waarom die kunswerk Sieberhagen so na aan die hart lê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.