Landdros sit voet neer

Dis goeie nuus vir inwoners van Kaap Agulhas en slegte nuus vir misdadigers in die streek.


Dis goeie nuus vir inwoners van Kaap Agulhas en slegte nuus vir misdadigers in die streek.

Die misdadiger, Raymond Richard Meyer, is voorverlede week in die Bredasdorp-streekshof as gewoonte­mis­dadiger verklaar. Dit beteken hy sal nou vir 15 jaar agter tralies gaan sit. Kaptein A.J. Spies van die speurtak het aangedui dat hulle die vonnis verwelkom aangesien dit terselfdertyd ook ’n sterk waarsku­wing rig aan alle huisbrekers daarbuite.

“ ’n Man se huis is sy kasteel waar hy veilig behoort te voel,” het die streeklanddros Marilyn Cannon by die vonnisoplegging van Meyer gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.