Op die onlangse vergadering van die Hermanus-vrouelandbouvereniging (VLV) het Magda Marais (voorsitter) sertifikate van erelid-status saam met hul balkies aan Nelmarie Theron (middel) en Dorothy Krige (regs) oorhandig. Dit is die eerste keer dat die Hermanus-tak erelidmaatskap aan lede toeken. Nelmarie het reeds 59 jaar diens en Dorothy 45 jaar.