Leer by die natuur

As daar nie ‘n “lenteliedjie” vir die winter is nie, maak ons vandag gou een vir die Overstrand. “Dis heerlike winter, die son skyn vandag …” En die goeie nuus is: In die Overberg sal minder gebibber word as elders in die land.


 As daar nie ‘n “lenteliedjie” vir die winter is nie, maak ons vandag gou een
vir die Overstrand.  “Dis heerlike winter, die son skyn vandag …” En die
goeie nuus is: In die Overberg sal minder gebibber word as elders in die land.
Lekker sonskyn en 19 °C vandag, terwyl dit op party plekke in die land vannag
na aan vriespunt is. Om van Sutherland  nie te praat nie. Hoe
die Suid-Kaapse winterreën water vir sukkelende damme sal bring, moet ons nog
maar wag en sien. Verder wes, rondom die Metropool, is daar  volgens
enkele boere ook tekens dat landwyd nog  goeie reën en sneeu aan die kom
is, wat water damme toe kan voer. Ons
hier by iweather sien ook dié bemoedigende tekens. Die Indiese hoogdruk hang
wel nog steeds te diep in die Arktiese waters. Sedert Maandag, het dit effens
teruggetrek, maar nie genoeg vir die vogtige lug om vir konveksie binne bereik
van die Atlantiese hoogdruk te kom nie.

By
Weerhaan se stasie digby Stellenbosch sien ons die afgelope paar dae ook
veranderinge in die natuur, soos die patryse en tarentale wat voor donker “mal
raak” op soek na kos.   Weerhaan se “barometer” by die voëls is sy
pappegaai wat voor sonsak elke dag sy kosbak stormloop asof daar vir dae nie
weer kos sal wees nie. Dit is presies dieselfde patroon as by patryse en selfs bosduiwe,
want hulle weet hulle sal vir ‘n paar dae nie normaal vir saad kan soek nie. Ten
spyte van baie wolke bly die Overberg se temperature bedags bo 15 °C. Ons
geniet  more (Vrydag) selfs 23 °C, Saterdag 17 °C  en die naweek ‘n
leefbare 15 °C.  En Maandag kom die son weer in al sy glorie oor die
Suidwes-Kaap op. Die noordwes neem by die suidwestewind oor en ons kry Dinsdag
dalk weer rondom 1 mm reën, dansky ‘n paar losloper-isobare wat deur ons
landshitte nader getrek word.

Dieper
in die see, suid van die land, is daar egter vandag weer ‘n losgemaal in die
bolug soos ons min sien. Die een reënbui na die ander sak nutteloos in die
Arktika uit en ons sien dat die oostewind ook sterker word. Die gevolg is goeie
buie wat in die vooruitsig kom, soos Langfaan skat, wat beslis  volgende
Woensdagnag sal begin uitsak, wanneer die temperatuur weer na die twintigs toe
beweeg.  Die skatting is dat die damme Donderdag sowat 10 mm sal bykry.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.