Leerders oproerig oor Covid-gevalle by skool

’n Groep leerders van Swartberg Sekondêr het gister by die onderwysdepartement se distrikskantoor aangekom oor griewe rakende Covid-19-veiligheid by die skool.


’n Groep leerders van Swartberg Sekondêr het gister by die onderwysdepartement se distrikskantoor aangekom oor griewe rakende Covid-19-veiligheid by die skool. Dit kom na drie leerders positief getoets het en die res van die leerders onseker was van hul veiligheid by die skool. Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), sê twee van Swartberg Sekondêr se leerders het laasweek positief getoets, maar hulle is in self-isolasie nadat hulle met sewe ander persone in kontak was. “Nog ’n leerder is vandag by die skool as positief aangemeld, maar in die stadium is geen onderwysers positief nie,” sê Hammond. Sy noem dat die klein groep leerders, wat by die onderwysdepartement se distrikskantoor opgedaag het, baie “beleefd” en “innemend” was en die distriksamptenare het geluister na die leerders se bekommernisse en dié griewe sal met die skool se bestuur opgeneem word. “Die WKOD bly in kontak met die skool om te verseker dat al die nodige veiligheidsprotokolle en prosedures gevolg word. Ons het geen vorige klagtes in hierdie verband ontvang nie,” sluit Hammond af.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.