Die polisie stel ondersoek in na die identiteit van ’n onbekende man se lyk wat Dinsdag 7 Junie naby Hangklip in die see gevind is.

Dié fonds volg kort na ’n man Saterdag 4 Junie in Hermanus deur branders van die rotse af geslaan is.

Michael Markovina, NSRI Kleinmond se opleidings­beampte, het in ’n verklaring verduidelik dat hulle omstreeks 09:31 Dinsdag verslae ontvang het van ’n liggaam wat in die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai dryf.

Volgens Markovina het die polisie en die NSRI se reddingsvoertuig na die toneel gery terwyl die NSRI reddingsvaartuig Jaytee III ter water gelê is. Polisieduikers het na ’n kort soektog die liggaam opgespoor en in die NSRI reddingsboot gelaai.

“Die oorledene se liggaam is tot by die Hangklip-lanseerplek by Maasbaai geneem en is in die sorg van die forensiese dienste gelaat,” aldus Markovina.

’n Lykskouing word verrig en ’n geregtelike doodsondersoekdossier is aangelê.

You need to be Logged In to leave a comment.