‘Ma’ en oud-sekretaresse van Hermanus laat leemte

Sy was lank ’n ma vir baie leerders van die Hoërskool Hermanus en het uit haar pad gegaan om die leerders en hul gesinne te leer ken en hulle te ondersteun waar sy kan.


Sy was lank ’n ma vir baie leerders van die Hoërskool Hermanus en het uit haar pad gegaan om die leerders en hul gesinne te leer ken en hulle te ondersteun waar sy kan.

Ria Acker, of Tannie Ria soos baie haar geken het, is op 7 Januarie in die ouderdom van 78 oorlede.

Die Hoërskool Hermanus het op sy Facebookblad gesê: “Dit is met groot hartseer dat ons vir Tannie Ria groet. Daar is nie genoeg woorde om te beskryf wat sy beteken het nie. Tannie Ria was die anker vir so baie kinders, gesinne, ons personeel en die Hermanus-gemeenskap – ’n voorbeeld vir almal. Tannie Ria was die toonbeeld van onbaatsugtige liefde.”

Tannie Ria was vir 21 jaar sekretaresse by die Hoërskool Hermanus en voordat die voormalige hoof Werner Ladewig haar die pos aangebied het, het sy vir lank ook by Babbel en Krabbel gewerk.

Mense onthou Tannie Ria veral vir haar omgeehart, en nie net het sy die leerders se belange op die hart gedra nie, maar ook ’n sopkombuis by die skool, wat vir 20 kinders broodjies gemaak het, bestuur.

Tannie Ria is Saterdag 13 Januarie uit die Ou Apostoliese Kerk in Sandbaai begrawe.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.