Hierdie feestyd vra vir ’n verfrissende somer-sangria!
Geniet die seisoen se steenvrugte met ’n tikkie vlierblom en jou gunsteling SA vonkelwyn.
Bestanddele:
. 750 ml (3 koppies) van jou gunsteling-rosé-wyn
. 750 ml (3 koppies) van jou gunsteling-vonkelwyn
. 750 ml (3 koppies) sodawater of limonade
. 250 ml (1 koppie) vlierblom-stroop
. 200 g aarbeie
. 6 appelkose, gehalveer
. 3 nektariens, gehalveer
. 3 perskes, gehalveer
. Kruisement, vir garnering
. Eetbare blomme, vir garnering
. Ys
Metode:
Meng al die bestanddele saam en voeg al die vrugte, kruisement en eetbare blomme by vir garnering. Skink yskoud – natuurlik met baie ys!
Bron: foodloversmarket.co.za; resep vertaal.