Sers. Ricardo Kamana, AO Jaco van Mollendorf, sers. Dalvine Magalie, konst. Neil Coetzee, kapt Edmond Abels en konst. Andreuline Stanfliet by van die gesteelde goedere.


Deur goeie speurwerk en
samewerking met die gemeenskap het speurders van Hermanus-polisie vanoggend ‘n
deurbraak gemaak.

Volgens kaptein Fadila
September is twee mans (37 en 39 jaar oud) in ‘n huis in Kerkstraat Hermanus in
hegtenis geneem. “Polisielede het inligting opgevolg nadat bande, motorfietse
en ander goedere deur die maand gesteel is. Ná deeglike speurwerk en nadat hulle ondersoek by ‘n huis in Kerkstraat ingestel het, is daar beslag gelê op onder meer gasbottels, motoronderdele,
bande, kraggereedskap, motorradio’s, ‘n sweismasjien en twee motorfietse,” het September gesê.

Volgens September kan inwoners
wat vermoed hulle goed is gesteel adjudant-offisier Visagie of sersant Vlotman
by 028 313 5300 bel.

“Die stasiekommissaris
het die beamptes gelukgewens met die goeie en deeglike werk,” het sy gesê.

Die verdagtes gaan in
die Hermanus-landdroshof op verskeie aanklagte van diefstal verskyn.    

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article