Matao le Roux, die 16-jarige Afrika-kampioen in hoogspring vir o.18-seuns, neem dié week aan die Afrika-Jeugspele
(African Youth Games) in Luanda, Angola, deel.
Matao, wat in Caledon woon en ‘n leerder aan Swartberg Sekondêr is, het verlede week in Stellenbosch deurgebring waar hy en sy afrigter, Heinrich Fortuin, finale afrondingswerk aan sy tegniek gedoen het.
Die Kaapse Forum het Matao Vrydag in Caledon met ‘n bederfpakkie verras, terwyl Mondstuk Media ‘n skenking aan hom oorhandig het.
Matao neem vandag, Woensdag 10 Desember, aan die hoogspring deel. Hy het gesê hy is opgewonde oor die Jeugspele en hy hoop om ‘n goeie hoogte met sy sprong te bereik.





