Randall Smith van Bredasdorp het onlangs vyf medaljes huis toe gebring nadat hy aan die Mpumalanga- baan- en veldkampioenskap in Secunda deelgeneem het. Randall het die Boland-meestersatletiekvereniging tydens die byeenkoms verteenwoordig, waar hy eerste plekke in die 200 m, 400 m, 800 m en 1 500 m verower het en ’n tweede plek in gewigstoot aangeteken het. Die Kaap Agulhas-burgemeester, Paul Swart, het hom met hierdie besonderse prestasie gelukgewens. Smit ploeg ook terug in die gemeenskap deur die plaaslike skool, Laerskool De Heide, se atlete te help. Foto: Gurswin Prins
Meester van die baan en veld
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.