Minderjarige vas oor seekos

Fidelity ADT-patrolliebeamptes het gehelp om ’n vermeende stroper vas te trek wat met kreef, perlemoen en alikreukel in sy besit betrap is.


Fidelity ADT-patrolliebeamptes het gehelp om ’n vermeende stroper vas te trek wat met kreef, perlemoen en alikreukel in sy besit betrap is.

Marius Boshoff, Fidelity ADT se Hermanus-takbestuurder, sê die gewapende beampte het onlangs patrollie in Vermont gedoen toe hy twee verdagte mans opgemerk het. “Die mans het met swaar sakke in Siffie­singel geloop. Hul optrede het verdag voorgekom en die beampte het bystand ontbied,” sê Boshoff.

’n AfriForum-Alfa-buurtwaglid het ook by die beamptes aange­sluit om bystand te verleen. Die verdagtes het volgens berigte op die vlug geslaan toe die beamptes hulle gestop en hul sakke deursoek het.

“Een van die verdag­tes het gestop, na bewering ’n metaalstaaf uitgehaal en die beamptes genader. Een beampte het sy dienspistool uitgehaal en ’n waarskuwingskoot gevuur.” Volgens Boshoff het die tweede verdagte daarin geslaag om weg te kom en die polisie is ontbied om sy medepligtige in hegtenis te neem. Kapt. Fadila September, die Hermanus-polisie se woordvoer­der, het bevestig dat ’n 17-jarige weens die onwettige besit van perle­moen en kreef in hegtenis geneem is. “Ses heel krewe, sewe alikreukels wat nog in die skulp was, agt ontskulpte alikreukels en 16 eenhede perlemoen is in sy besit gevind,” het sy gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.