Sy is ’n ma van vyf en een van haar drome was nog altyd om haar lewe en dit wat sy al in haar lewe deurgemaak het, in boekvorm vas te vang.
Sonia Jacobs is van Riviersonderend en haar boek, Net een traan, is einde Januarie bekendgestel. Die boek bevat stories oor haar inspirerende reis, die struikelblokke wat sy oorkom het en ook die hoogtepunte van haar lewe.
Ten spyte van al die moeilike tye waardeur sy al gegaan het, het sy ’n goeie werk By Elgin Free Range Chicken op Stormsvlei Avontuur. “Ek werk daar in die wasgoedafdeling en het in my besige skedule tyd gemaak om my storie te skryf,” vertel sy.
Sonia het haar droom met die hulp van The Funky Force Youth Development Movie Center NPO se skryfafdeling en Surina Nel van Helping Hand Publishing verwesenlik.
Net een traan is nie net plaaslik beskikbaar nie, maar ook op ander aanlyn platforms en Amazon.
kontak Jaco Koen by 083 394 4425 vir nog inligting.