Mount Pleasant-biblioteek laat kinders lees

Die nuutaangestelde bibliotekaresse van Mount Pleasant-biblioteek, Princess Sibutha, is baie opgewonde oor haar nuwe pos.


Die nuutaangestelde bibliotekaresse van Mount Pleasant-biblioteek, Princess Sibutha, is baie opgewonde oor haar nuwe pos. Princess in nie ’n nuwe gesig in biblioteke nie. Sy was lank werksaam by Zwelihle-biblioteek, maar toe dié biblioteek in Julie 2018 tydens protesopgtogte afgebrand is, het sy by die Hermanus-biblioteek vir die afgelope drie jaar gewerk. Volgens haar wil sy en haar kollegas, Alethea Johnson, Phuthumani Pono, Joslene Goliath en Theodora Adonis ’n verskil in die gemeenskap maak. Verlede week het hulle die kleuters van Care and Share Creche na die biblioteek genooi vir ’n bekendstellingstoer en om die kleuters bewus te maak van die voordele van ’n biblioteek. Die biblioteek-personeel het vir hulle stories voorgelees sodat hulle ook boekwurms kan word. Mount Pleasant-biblioteek is meer as net ’n biblioteek. Al het dié biblioteek beperkte rekenaars en internet-geriewe, kan hulle steeds die publiek bystaan met fotostate en skanderings. Die tydelike sake-ure van die biblioteek tydens Covid-19 is Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 15:30. Woensdae is die biblioteek tot 14:00 oop waarna dit gereinig word. Alle Covid-19-maatreëls, soos dra van maskers en veilige afstand sal gehandhaaf word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.