Agter is Aeron Carelse, Amy-lee Corley, Liezel Swartz, Alethea Henn, Janine Botha, Thomas Tromp en Luke Swartz. Voor is Marlon Sauls en Clarence Coetzee.

Mitzi Buys

Die ingang na Myddleton spog nie net met ’n verwelkomingsbord nie, maar ook met ’n tuin wat onlangs rondom die bord aangelê is.

Dié projek is deur die Caledon-museum van stapel gestuur. Marlon Sauls, die opvoedkundige beampte van die museum, noem hulle wou ’n plaaslike gemeenskapsorganisasie betrek en het Emoji Movement, ’n organisasie sonder winsbejag wat met die jeug van Myddleton werk, gevra om te help met die aanleg van die tuin.

Saterdag 2 Maart het museumpersoneel en lede van die Emoji Movement ywerig gewerk om ’n inhemse tuin rondom die verwelkomingsbord te plant. Dit is die eerste gemeenskapstuin wat in Myddleton aangelê is. Sauls noem dat die doel van die projek nie net die jong mense moet motiveer om trots te wees op hulle dorp nie, maar ook om senior burgers aan te moedig om hulle aktiewe leefstyl voort te sit deur hul eie tuine aan te lê.

Janine Botha van Emoji Movement sê: “Ons voel geseënd dat Marlon ons gekies het om hierdie projek saam met hom aan te pak. Die projek was ’n groot sukses en baie mense in die gemeenskap het ons al gekomplimenteer daaroor. Die kinders wat ons met hierdie verfraaiingsprojek gehelp het, gaan loer gereeld of alles nog in orde is en om die plante water te gee.”Sauls het Theewaterskloof-munisipaliteit, Caledon-kwekery en Heidehof Tehuis vir Bejaardes bedank vir die skenking van die plante.

You need to be Logged In to leave a comment.