Die organiseerders van die eeufeesvieringe van die NG kerkgebou in Baardskeerdersbos het die ekstra myl geloop om alles mooi te laat lyk. Foto’s: Cobus Germishuys


Dit was ’n besondere dag vir die inwoners van Baardskeerdersbos toe die NG kerkgebou sy 100ste bestaansjaar gevier het.

Die NG Baardskeerdersbos is deel van die gemeente van Gansbaai en hulle het almal saam behoorlik feesgevier om die mylpaal te gedenk.

Dié fees is aan die einde Mei gehou met ’n plaasmark, musiek, ’n veiling en ’n unieke uitstalling oor die kerk se geskiedenis. Die Sondag is ’n spesiale feesdiens gehou met kransleggings, koor­uitvoerings en samesang. Dit was ’n naweek wat baie nog lank gaan onthou.

You need to be Logged In to leave a comment.