Die bekende aktrise Margit Meyer-Rödenbeck was verlede week in Caledon vir die verfilming van ’n episode van ’n gewilde televisieprogram. Meyer-Rödenbeck is veral bekend vir haar verhoogkarakter Dowwe Dolla. Nie net is sy aktrise en komediant nie, maar ook teatervervaardiger en mede-eienaar van die bekende teaterrestaurant Die Boer in Durbanville. Na afloop van haar deel van die verfilming het sy tyd gemaak om die jongste uitgawe van Hermanus Times te lees. Besonderhede van die program, wat teen die middel van Junie uitgesaai sal word, sal op ’n later tydstip bekend gemaak word. Margit is ook te sien by vanjaar se Kalfiefees, wat van 5 tot 9 Augustus in Hermanus plaasvind. Sy is die vervaardiger van die bekroonde Spertyd en speel in ’n splinternuwe toneelstuk. Foto: Mitzi Buys


Niks dof in dié koerant

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article