’n Nuutgeboude kliniek het sy deure Dinsdag 31 Januarie amptelik geopen om pasiënte te verwelkom.

Bouwerk aan die kliniek in Hoofstraat 1, Villiersdorp, is onlangs teen ’n geraamde koste van meer as R20 miljoen voltooi.

Roché Butler, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement in die Overberg-distrik, sê pasiënte kan uitsien na korter wagtye by die kliniek.

“Ons weet tyd is kosbaar, en daarom sal die kliniek volgens afsprake werk om te verseker dat wagtydperke gesny word. As jy ’n afspraak het, hoef jy slegs 30 minute voor die tyd na die kliniek toe te kom.”

Besoek die kliniek of skakel 028 840 1460 om ’n afspraak te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.