Onthou jy die ou, verweerde lewensgrootte Suidelike Noorkapper-walvis-monument by Markplein in Hermanus? Wel, dit word gerestoureer en sal tydens ’n seremonie op 2 Maart onthul word. Die projek is op 5 Januarie deur Tertius van Dyk (kunstenaar) en René Hartslief begin. Die walvis is op 5 Januarie afgeskuur en kort daarna is dit verskuif om ’n fondasie te lê. Die walvis-beeld is op 31 Januarie weer in posisie geskuif (soos op die foto gesien kan word). Hierna sal veselglaswerk aan die vinne en pens van die walvis gedoen word en daarna sal die verfwerk begin. Hartslief bedank elke individu en onderneming wat tot dusver met die restourasieprojek gehelp het. Foto: Micheal Bester (Eagle Eyes)


Nuwe lewe vir ‘Ou Grote’

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article