Dean O’Neill is die nuwe munisipale bestuurder van Overstrand-munisipaliteit

Gurswin Prins

O’Neill, wat van Kaap Agulhas-munisipaliteit afkomstig is en ook die munisipale bestuurder daar was, sê hy is opgewonde om die nuwe uitdaging in die Overstrand aan te gryp.

Hy het 27 ander aansoekers geklop om as munisipale bestuurder aangestel te word.

“Dit is inderdaad vir my ‘n groot voorreg om die pos as munisipale bestuurder by my gewaardeerde kollega Coenie Groenewald oor te neem. Die munisipaliteit en senior bestuurders is welbekend aan my aangesien ek die afgelope drie jaar deel was van die paneel wat prestasie-evaluerings doen en daarom glo ek die aanpassing sal glad verloop. Verder is ek opgewonde om deel te wees van ‘n wenspan wat die goeie bestuur van die munisipaliteit net tot verdere hoogtes kan neem,” sê O’Neill.

“Natuurlik sal daar uitdagings wees, maar ek glo dat met goeie samewerking en respek tussen die administrasie en die raad sowel as die publiek wat ons dien, dit oorkom kan word tot voordeel van alle inwoners van die Overstrand,” voeg hy by.

Overstrand se uitvoerende burgemeester, Dudley Coetzee, sê die Overstrand-munisipaliteit sal behoorlik vir O’Neill in November verwelkom wanneer hy amptelik as die munisipale bestuurder gaan begin.

You need to be Logged In to leave a comment.