Gedurende die vierde golf moes die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement die hospitaalbesoeke beperk om aan te pas by die regulasies.
Die departement glo dat hospitaalbesoeke ‘n belangrike rol speel in die pasiënt se pad na herstel. Dit is ook belangrik vir die familie om hul geliefdes in die hospitaal te besoek. Covid-19 het baie veranderinge teweeggebring en een van hulle is die veilige afstand tussen die mense en dis waarom die riglyne by hospitale so streng is.
Met die afname van Covid-19-infeksies en die regering se aangepaste inperkingsreëls van vlak 1, is dit steeds raadsaam om ‘n veilige afstand in die hospitale te handhaaf om sodoende infeksies te vermy.In ooreenstemming met die Wes-Kaap wat nie meer in die vierde vlaag is nie, het die gesondheidsdepartement nuwe besoekersriglyne daargestel.
Die aangepaste besoekersreëls is soos volg:
* Besoekers word slegs onder spesiale omstandighede by gesondheidsfasiliteite toegelaat.
* Formele keuring van besoekers by hospitale word nie meer vereis nie.
* Besoekers moet ten alle tye maskers dra, hande was en ‘n veilige afstand handhaaf.
* Buitepasiënte: Een persoon word toegelaat as die persoon jonger as 18 is, gestremd is of te swak is.
* Ongevalle-eenheid: Vir pasiënte jonger as 18 kan daar iemand saam met hulle wees; as die pasiënt op sterwe lê kan daar twee familielede teenwoordig wees; met gestremde pasiënte kan daar iemand wees wat hom help en al die ander pasiënte kan ook iemand hê wat hulle bystaan mits die eenheid nie te vol is nie.
* Pediatriese pasiënte: Een ouer word by die pasiënt toegelaat, die ouers of voogde kan ook uitruil, maar dis belangrik om te besef dat daar slegs net een volwassene by die pasiënt mag wees en meer familielede word toegelaat as die pasiënt op sterwe lê.
* Neonatala pasiënte: Die ma’s word aangemoedig om permanent by die baba te wees of om hulle gereeld te besoek, die vaders of ander persone word beperk tot 60 minute ‘n keer en meer familielede word toegelaat as die pasiënt op sterwe lê.
* Kraam: Die ouers moet ten alle tye ‘n masker dra en dit is noodsaaklik om altyd ‘n veilige afstand te handhaaf. Die ouer word ook toegelaat om die ma en baba vir 30 minute te besoek. Met tienerswangerskappe kan daar bystand wees as daar by die hospitaalbestuurder toestemming verkry is.
Met die Covid-19-pandemie wat steeds teenwoordig is, moet ons steeds waaksaam bly, ‘n veilige afstand handhaaf, maskers dra en ons hande gereeld reinig. Die reëls sal gewysig word afhangende van die stand van die virus.