Die Black Birds-rugbyklub is reg vir die seisoen met splinternuwe uitrustings. Jerome Marthinus, die Black Birds se president, het die Hasher Family Estate namens die klub vir die borgskap van hul nuwe rugbytruie, -broeke en kouse bedank. “Ons wil ook dankie sê aan Kaap Agri Hermanus en Johnson & Johnson wat die opwarm-T-hemde geborg het. Die klub waardeer dit opreg,” het Marthinus bygevoeg. Hy het ook al die spelers voorspoed vir die res van die seisoen toegewens.


Nuwe seisoen, nuwe uitrustings

You need to be Logged In to leave a comment.