Die Caledon-rugbyklub se eerste en tweede spanne spog met splinternuwe truie.
Marnus Pozyn van Caledon Spar, wat die truie geborg het, sê: “Ons vyf kernwaardes van trots, eerlikheid, spanwerk, doen ons beste en respek is oorkoepelend met dié van die Caledon-rugbyklub. Dit was vir ons maklik om hande te vat, want ons waardes kom ooreen. Ons wil met hierdie borgskap dankie sê. Sport maak ’n verskil in mense se lewe. Die spelers offer hul vrye tyd op om só ’n verskil te maak.”
Liaan King, voorsitter van die Caledon-rugbyklub, het sy opregte dank aan die borge uitgespreek en verder genoem: “Ons is steeds onoorwonne in die Boland se Grootuitdaagkompetisie van die Overberg en beklee tans die topposisie.”
King noem ook dat die span gewoonlik, wanneer hulle nuwe truie kry, minstens 50 punte aanteken. Dit is presies wat gebeur het toe hulle Genadendal onlangs 51-3 verslaan het – gewis Annelevel.