Die Nedbank Care Bears oorhandig ’n tjek aan die Oase-dienssentrum. Van links is Antoinette Abrahams, Maxwell le Roux, Nicky Bushby en Jacques Muller van Nedbank saam met Edna Vashu en Kosie Jansen van Oase-dienssentrum.Foto: Mitzi Buys


Nedbank Caledon neem vir die eerste keer aan die “Local Heroes”-projek, wat deur Nedbank aangebied word, deel.

Nicky Bushby, bestuurder van die Caledon-tak, sê: “Ons noem die bestuursgroep wat by hierdie projek betrokke is, die ‘Care Bears’, want ons gee om vir ons gemeenskap. Ons moet by ons gemeenskap betrokke wees. Ons moet nie net ontvang nie, maar ons moet teruggee ook.

“Hoewel ons ander instansies ook met kleiner bedrae help, het ons besluit om by ons senior burgers te begin, en daarom het ons R15 000 aan die Oase-dienssentrum geskenk. Ons het sekere probleme by die sentrum geïdentifiseer en wou daarmee help; onder meer om moontlik ’n groentetuin aan te lê en om ’n watertenk te voorsien sodat die seniors self hul groente kan kweek.

“Hierdie is ’n deurlopende projek en ons hoop om die bedrag met geldinsamelings te laat groei. Ons personeel gaan by die volgende geldinsamelingsprojek, wat ’n middagtee (high tea) in September gaan wees, betrokke wees.”

You need to be Logged In to leave a comment.