Die N2 tussen Caledon en Riviersonderend was Woensdagoggend tydelik gesluit nadat ‘n vragmotor omgeslaan het en aan die brand geslaan het.
Die oorsaak van die ongeluk kon in die stadium nie bepaal word nie, maar padgebruikers word gevra om versigtig te wees op die pad so 30 km voor Caledon. Die verkeersdepartement en die brandweer was op die toneel om die vuur in bedwang te bring en ‘n stop-en-ry-punt is daargestel om die verkeer te beheer.
Meer inligting oor die voorval is nog nie beskikbaar nie.