Water net waar jy kyk, veral as jy Donderdagggend in die Suid-Kaap is en jou neus by die deur uitsteek om die kinders by die skool te kry. Dit gaan Woensdagnag ná middernag begin sous en, sal ons met 22 mm neerslag saamleef. Dit verskaf welkome stygings tot ons damvlakke. Die verwagte stormwind waaroor ons verlede week gewaarsku het, sal Donderdag effens afskaal tot ‘n fris nege meter per sekonde en sal teen moreaand rondom ‘n matige drie meter per sekonde terugsak. Die “oog” van die verwagte storm sal ons egter beslis Maandag tref, met winde net duskant orkaansterkte tussen sewe en 15 meter per sekonde. Daar kan met sekerheid gesê word dat heelwat bome weer in die slag sal bly. Parkeer gerus motors elders.
Die tydelike verligting, of soos Langfaan dit noem, “systap van die oog”, is te danke aan twee yslike storms diep in die Arktiese waters. Die gevaar is die “stert” van daardie front. Dit strek oor 16 000 km tussen die Arktika en die ewenaar en sal ‘n soort sweepslag-uitwerking vanuit die noordweste op die land uitvoer. Danksy ‘n binnelands laagdruk aan ons Weskus verander die windrigting egter suidwaarts en loop dit die Gough- en ook die Prinses-eiland mis.
Weerhaan se berekening van wat oorbly van die Arktiese storms en opvolgkonveksie aan ons Weskus, is dat die stormweer aanlandig sowat 20 mm neerslag of minder sal oplewer. Anders as gewoonlik druk die Indiese hoogdruk die geweldige front se oorblyfsels nie terug Arktika toe nie, maar dryf dit in die rigting van die Australiese eilande. Die temperature bly ondanks die neerslae snags leefbaar en in die omgewing van 12°C, maar eerskomende Sondagnag kan dit tot 7°C daal. Weerhaan moet daarop wys dat kragverskaffing deur die owerheid erg onderdruk sal wees en daar ongewyfeld ‘n sterk moontlikheid is van skade aan die kraglyne en substasies. Gister het ons juis verneem dat twee substasies, waar krag opgewek word, die gees gegee het. Weerhaan se raad is dat huishoudings wat nie sonkragreserwes het nie, navraag doen oor sogenaamde kampligte wat bedags in die son gelaai word en saans benewens lig verskaf, ook selfone kan laai. Die ergste is teen Woensdag (15 Julie) verby, maar die leemte wat die verbytrekkende bolug geskep het, sal opnuut ongewone groot hoeveelhede vog in die rigting van die land insuig. Erge stormweer kan dan opnuut die land tussen Kaapstad en Oudtshoorn tref.