Griewe
Die betoging het gespruit uit inwoners se ontevredenheid rakende die Beaumont-behuisingsprojek in Botrivier.
Die burgemeester en lede van die burgemeesterskomitee het Dinsdag die gebied besoek om met die gemeenskap te ontmoet en hul griewe te bespreek.
Die gemeenskap is ingelig die behuisingskema, wat in twee fases opverdeel is, vorder goed. Altesaam 336 huise sal na verwagting teen ’n koste van R13 061 492 tydens Fase 1 van die projek voltooi word.
Volgens die TWK-munisipaliteit behels die projek die installasie van B-graad-dienste, wat voorsiening maak vir basiese infrastruktuur soos meer ablusiegeriewe, watervoorsiening en elektrisiteit. Dit sal na verwagting teen 19 Mei 2022 voltooi wees.
Lede van die gemeenskap het egter gesê hulle twyfel daaraan dat die elektrisiteitstoevoer vir hierdie fase van die projek betyds afgehandel sal wees. Munisipale beamptes het verduidelik dat dit Eskom se beleid is dat begunstigdes moet intrek voordat die kragtoevoer aangesluit word. Dit is om te verhoed dat die infrastruktuur gesteel of gevandaliseer word. Die munisipaliteit het aangedui dat Eskom genader is om die proses te bespoedig.
“Die munisipaliteit sal die tydlyn van die geskeduleerde projek-implementasie hersien,” het Papier belowe.
Papier het ook die gemeenskap gemaan om hulle nie tot geweld te wend en verkeer op die N2 te ontwrig nie aangesien dit mense se veiligheid sowel as die plaaslike ekonomie nadelig beïnvloed.
Sers. Tembi Gweyi, ’n woordvoerder van die Caledon-polisie, het bevestig dat ’n openbare geweld-dossier aangelê is.
“Niemand is nog in verband hiermee in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.
’n Opvolgvergadering is vir Dinsdag 19 April beplan.