Onwettige ‘spook’-spore?

Wat kan dit wees? Stropers, die polisie of net kwaaddoeners?.


Wat kan dit wees? Stropers, die polisie of net kwaaddoeners?

Dít is maar net van die vrae wat Facebook-gebruikers gevra het nadat die foto van spore van ’n voertuig op die strand by Vermont afgeneem is.

Volgens die Overstrand-munisipaliteit is dit al van 2001 af onwettig om op strande met voertuie te ry. “Sedert 2001 is wetgewing daargestel om die gebruik van voertuie op strande te reguleer. ’n Permit om ’n voertuig daar te gebruik, kan egter onder spesifieke omstandighede deur die departement van landbou, bosbou en visserye (Deff) uitgereik word,” het die munisipale bestuurder, Dean O’Neill, gesê.

Om ’n permit te bekom, moet jy deur ’n aansoekproses gaan en volgens O’Neill moet jy ’n aansoekfooi aan Lewende Mariene Hulpbronne betaal. “Entiteite soos die munisipa­liteit en die Nasionale Seereddings­instituut kan met voertuie op die strand ry om hul pligte uit te voer,” het O’Neill gesê. “Boetes vir dié wat daarsonder op die strand ry, wissel tussen R2 500 en R500 000 of twee jaar gevangenisstraf per voertuig. . Kontak die Deff-kantoor by 028 271 4768 (Kleinmond) en 086 111 2468 of 028 313 2703 (Hermanus).

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.