Caledon Oogkundiges bied gratis oogtoetse vir skoolkinders aan.


Caledon Oogkundiges bied gratis oogtoetse vir skoolkinders gedurende September aan.

“Daar is baie kinders wat nie besef hulle het swak oë nie wat dan sukkel in die skool en dit is iets wat voorkom kan word,” sê Christine van Rensburg van Caledon Oogkundiges.

Van Rensburg noem hulle wil graag die ouers die geleentheid bied om kinders se oë te laat toets en te evalueer. “Goeie visie is noodsaaklik vir leer en ontwikkeling en vroeë opsporing van oogprobleme kan langtermyn-uitdagings voorkom,” sê van Rensburg.

Op ’n vraag of die gratis oogtoetse beperk is tot leerders van Caledon antwoord van Rensburg: “Nee, enige skoolkind kan gedurende September inkom vir ‘n gratis oogtoets.”

Om gebruik te maak van hierdie wonderlike inisiatief, besoek Caledon Oogkundiges by Hoopstraat 8, Caledon of skakel 028 001 0545 vir ‘n afspraak.

You need to be Logged In to leave a comment.