Die man wat op 5 Mei by Gearings Point oorlede is, is geïdentifiseer.
Volgens kaptein Fadila September, polisiewoordvoerder, het die man se dogter hom Woensdag 11 Mei kom uitken. “Die beamptes op die toneel het vir my die verkeerde ouderdom gegee. Die oorledene is Collin Roberts Adam en hy is 81 jaar oud,” het September gesê. Volgens haar is die oorsaak van sy dood nog nie bekend nie en is ’n geregtelike doodsondersoek ingestel.