Opwindende toernooi wag

Dis ’n eerste vir Hermanus en die rolbalspelers en -entoesiaste kan uitsien na vier dae van aksiebelaaide rolbal wanneer die o.30-interdistrikte toernooi Maandag 19 September by die Hermanus-rolbalklub gaan begin.

Een van die rolbalspelers wat die Boland-span gaan verteenwoordig, is Hanru Pool wat maar net 19 jaar oud is en rolbal baie geniet. “Ek speel nou al rolbal vandat ek 12 jaar oud is. Ek was ’n leerder aan die Hoërskool Overberg in Caledon en studeer tans by die Boland-kollege in Caledon,” vertel Hanru.

Hy sê sy beste prestasie wat hy al in sy kort rolballoopbaan bereik het, is om die o.30-Bolandrolbalspan te haal. Hanru glo dat sy rolballoopbaan vir hom nog baie gaan inhou.

Een van die dinge wat hy die meeste van rolbal geniet, is die mense wat hy hier ontmoet. “Ek het een van my beste vriende deur rolbal ontmoet, William van der Merwe. Ons is al vandat ons 15 jaar oud is deel van die Boland-span en speel in elke toernooi ook saam. Dit is die ideale plek om vriende te maak,” vertel Hanru.. Vir meer inligting oor die toernooi, kontak 066 230 9403.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.