‘n Voormalige rugbyafrigter het onlangs in die hof verskyn.


’n Voormalige rugbyafrigter van die Paarl en lid van ‘n politieke party, wat in Januarie deur die party geskors is weens beweerde seksuele aanranding, word nou strafregtelik ondersoek.

Die verdagte het Vrydag (22 Maart) die eerste keer in die Malmesbury-landdroshof verskyn en word deur twee aanklagte – poging tot seksuele aanranding sowel as ’n aanklag van crimen injuria – in die gesig gestaar, sê Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die beskuldigde is ná sy inhegtenisneming op R800 borgtog vrygelaat en moet op 15 Mei weer in die Malmesbury-landdroshof verskyn. Die verdagte was ’n GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit nadat hy in 2021 by GOOD aangesluit het. Die persoon was ook die voormalige afrigter van die nasionale Dowes-rugbyspan en woon in die Paarl.

Volgens ’n persverklaring wat op 25 Maart deur die GOOD-party uitgereik is, het adv. Lionel Esau, wat die interne ondersoek gelei het, bevind dat die persoon die party se grondwet en gedragskode oortree het, waar hul lidmaatskap aan die GOOD-party dus beëindig is, en hulle ook as lid van die Wes-Kaapse wetgewer verwyder is.

Tydens die interne verhoor is die persoon deur adv. Mias Schreuder en die prokereur David van der Merwe verteenwoordig.GOOD het op 31 Januarie ’n klagte van seksuele wangedrag teen die persoon ontvang.Die vrou wat die klagte aangemeld het, is ook ’n lid van die GOOD-party.

Sy beweer dat die beskuldigde haar probeer soen het, en haar op haar bed neergegooi het terwyl haar man nie teenwoordig was nie en oorsee was vir werk. Terwyl sy teen hom geveg het, het sy ook beserings, soos kneusplekke teen haar regterboud en laerug, asook krapmerke opgedoen. Dit is bevestig deur ’n doktersverslag van die Medicross in Table View wat as bewysstuk by die polisie ingedien is. * Die beskuldigde se naam word op regsadvies weerhou, omdat hy nog nie gepleit het nie.

You need to be Logged In to leave a comment.