Overberg-rolbalspelers na SA interdistrikte-toernooi

Rolbalspelers van die Overberg het onlangs in snikwarm toestande aan die Boland-ope se meesterstoernooi deelgeneem.


Rolbalspelers van die Overberg het onlangs in snikwarm toestande aan die Boland-ope se meesterstoernooi deelgeneem.

Dié toernooi is Saterdag 26 en Sondag 27 Februarie in Worcester beslis. Toeskouers is die hele naweek op uitstekende kompeterende rolbal getrakteer.

Wynand Pool van die Hermanus-rolbalklub het goud in die mansafdeling gewen. Linda Stinger van Bredasdorp het goud en Petula Fortuin van Caledon het silwer gewen.

Dié drie spelers is ook deel van ’n groep spelers uit die Overberg wat Boland in hierdie jaar se SA interdistrikte-toernooi gaan verteenwoordig.

Die spelers het onderskeidelik in Pretoria, Pietermaritzburg en Oos-Londen aan die toernooi deelgeneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.