Dit was ’n swart naweek vir die Overberg nadat al twee sy rugbyspanne, Caledon en die verdedigende kampioen, Safcol van Grabouw, in die halfeindstryd van die Sanlam-Boland-Top12-toernooi uitgeskakel is. Safcol se dissipline was van die begin van die uitspeelwedstryde af ’n probleem en Saterdag het dit hulle die wedstryd gekos. Die span van Grabouw het 39-49 teen Villagers van Worcester verloor terwyl Caledon 30-38 teen Robertson verloor het. Saterdag speel die twee Overberg-spanne teen mekaar vir die derde en vierde plek. Foto’s: Sydney Armoed