Die koronavirus het sy eerste slagoffer in die Overberg
geëis.
Roché Butler, mediawoordvoerder van die
gesondheidsdepartement van die Overberg, het by navraag bevestig die Overberg
het sy eerste koronavirus-dood in die Swellendam-distrik aangeteken: “Die
oorledene is ’n 62-jarige manlike pasiënt wat positief vir die koronavirus
getoets het. Hy het ook ’n onderliggende mediese toestand gehad. Ons innige
meegevoel gaan aan sy familie gedurende hierdie tyd.”
Volgens die Overberg Distriks-munisipaliteit het die Overberg op Donderdag 14 Mei ‘n totaal van 34 bevestigde koronavirus gevalle aangeteken waarvan 15 mense herstel het.