Die
Overstrand-munisipaliteit en ander rolspelers het hierdie jaar tydens Nasionale
Kinderbeskermingsweek, wat van 30 Mei tot 6 Junie plaasgevind het, na kinders
in die omgewing uitgereik en hulle meer oor hul veiligheid en regte ingelig.
Volgens
Tamzyn Zweig, omgewingsbestuurder van Kleinmond, het Kleinmond-kinderweslyn
Vrydag 4 Junie ‘n bewusmakingsgeleentheid gehou oor nie net kinderveiligheid en
-regte nie, maar ook oor hoe om die omgewing te bewaar. “Die kinders was regtig
oulik en het selfs die rommel in die dorp opgetel,” vertel Tamzyn. “Een van die
dinge wat ons vir die kinders gewys het, was die vangnet voor die stormwaterpype.”
Die
Overstrand-munisipaliteit werk nou saam met die Marine Dynamics en die Dyer
Island Conservation Trust (DICT) om rommelstorting tot die minimum te beperk
deur opvangsnette voor die stormwaterpype te sit.
Dié
projek is geïnspireer deur ‘n projek in Australië en Wilfred Chivell van die Marine Dynamics Tours en stigter van DICT, het
besef dat Suid-Afrika ook kan baat vind by so ‘n projek en het dit in 2019
bekendgestel.
Die
Overberg-munisipaliteit in vennootskap met die DICT en ander
nieregeringsorganisasies wil hierdie projek oor die hele Overstrand van stapel
stuur.