Mitzi Buys
Die Hoërskool Overberg se skoolhoof, Johan Jacobs, is Donderdag 20 Maart op sy verjaarsdag deur die personeel en leerders van dié skool verras en behoorlik bederf.
Senior leerders het vir Jacobs ‘n blou verjaarsdagserp omgebind en hom van sy kantoor na die rugbyveld begelei waar tafels met koek, kolwyntjies en koeldrank gereed was.
Die hoofseun, Lorenzo Kroutz, het ‘n gebed gedoen en nadat die leerders vir Jacobs gesing het, kon almal heerlik aan al die heerlike eet- en drinkgoed smul.