Padgedrag in die Overberg kwel wyl sterftes ook toeneem

Met die Desember-vakansie wat vir baie soos maande gelede voel, het die provinsiale minister van mobiliteit, Ricardo Mackenzie, ons weer na die werklikheid teruggeroep toe hy verlede week die nuutste padveiligheidsyfers vir die tyd­perk van 1 Desembe


Met die Desember-vakansie wat vir baie soos maande gelede voel, het die provinsiale minister van mobiliteit, Ricardo Mackenzie, ons weer na die werklikheid teruggeroep toe hy verlede week die nuutste padveiligheidsyfers vir die tyd­perk van 1 Desember 2023 tot 11 Januarie 2024 bekend gemaak het.

Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Volgens hom is padgebruikers se gedrag steeds kommerwek­kend en die syfers toon dat padsterftes van 131 van verlede jaar tot 164 hierdie jaar gestyg het. “Die statistieke is saamgestel uit padsterftes op provinsiale sowel as munisipale paaie,” het hy gesê.

“Padsterftes op munisipale paaie het vanjaar op 108 in vergelyking met verlede jaar se 68 te staan gekom, en die sterftes op provinsiale paaie is 56 in vergelyking met verlede jaar se 63.

“Afgesien van die feit dat ons as departement alles in ons vermoë gedoen het om padongelukke te verminder, kan ons nie die werklikheid miskyk nie. Padgebruikers se gedrag op paaie is steeds ’n probleem en het ’n groot invloed op ons samelewing,” het hy gesê.

Die departement het ook aangekondig dat hy in die feestyd 271 698 motors voorgekeer het, amper 90 000 boetes uitgereik het, 576 mense weens dronkbestuur in hegtenis geneem het, 64 mense weens roekelose bestuur in hegtenis geneem het en 1 000 onpadwaardige voertuie van die paaie verwyder het.

Verder is 12 mense in hegtenis geneem weens omkopery, 4 512 boetes is uitgereik vir bande wat nie meer geskik is nie, vyf mense is in hegtenis geneem weens vervalste dokumentasie, 13 781 boetes is uitgereik vir die bestuurders en passasiers wat nie veiligheidsgordels dra nie, 13 860 boetes is uitgereik vir ongelisensieerde voertuie en vier voetgangers is in hegtenis geneem vir ’n gevaar op paaie.Overstrand-gebied

In die Overstrand- munisipale gebied is in die 2023-’24-tydperk 127 padblokkades gehou teenoor die 111 van die 2022-’23-tydperk.

Sewe mense is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed teenoor die vorige jaar se drie en 14 139 kaartjies is uitgereik vir spoedoortredings in vergelyking met die vorige jaar se 31 706.

Die verslag lui verder dat altesaam 6 184 voertuie voorgekeer is en 330 mense vir die besit van perlemoen in hegtenis geneem is. Nog 27 is vir die besit van dwelms aangekeer..Die Kaap Agulhas-munisipa­liteit en die Theewaterskloof-munisipaliteit is ook genader vir hul statistieke, maar teen druktyd is daar egter nog geen terugvoering ontvang nie.

You need to be Logged In to leave a comment.