Perlemoen gekry

Die wetstoepassers was die naweek in die Overstrand besig om misdadigers vas te vat.


Dit blyk dat die misdaad net nie
uit die Overstrand wil wyk nie. Die afgelope naweek was ‘n besige tyd vir
wetstoepassers.

Verskeie
misdaadvoorkomingsoperasies tussen die polisie, Deff en Cape Nature is oor die
hele Overstrand toegepas en op 17 en 18 Junie is 313 sake aangemeld. Suksesse
is onder meer die inhegtenisnemings van 24 verdagtes wat hulle aan misdaad
skuldig gemaak het, 60 verkeersboetes is uitgereik, 33 dagvaardings vir
uitstaande boetes met die waarde van R51 250 is ook uitgereik.

Die onderburgemeester van die Overstrand-munisipaliteit,
Lindile Ntsabo, het motoriste gewaarsku om maar hul boetes te betaal om
sodoende inhegtenisnemings die hoof te bied. Verder is daar ook 157 eenhede
perlemoen ter waarde van R72 000 verlate gevind. In ‘n ander voorval is
twee mense ook in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 248 eenhede perlemoen.

“Afgesien van die gevaar wat
julle as wetstoepassers soms moet deurmaak, is julle altyd eerste op die
misdaadtoneel. Ek wil julle bedank dat julle altyd daar is om ons inwoners
veilig te hou. Baie dankie vir julle volgehoue diens,” het Ntsabo gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.