’n Aanlyn petisie om borgtog te weier vir die twee vermeende moordenaars van Hans Wessels is al deur meer as 2 400 mense geteken.
Jonico Pretorius en Denver Hendriks verskyn môre in die Caledon-hof vir hul borgtog-verhoor. Wessels is in Januarie in sy vakansiehuis in Kleinmond vermoor en sy peperduur Porsche wat deur die polisie in Laingsburg voorgekeer is, het die polisie tot sy huis gelei waar hy vermoor is.
Pretorius en Hendricks het vlugtig voorheen in die Laingsburg-landdroshof verskyn weens die gesteelde voertuig van Wessels.
In die petisie, wat gelaai is op die Change.org-webtuiste, vra die skrywer van die petisie mense om te teken om te verhoed dat Pretorius en Hendricks borgtog kry. Die petisie beskryf Hans Wessels as ’n man met ’n goue hart wat altyd vir almal om hom gesorg het. In die petisie word daar ook na Wessels verwys as ’n gerespekteerde en welbekende inwoner van Kleinmond.
Die petisie kan geteken word op: https://www.change.org/p/caledon-magistrates-court-deny-bail-for-hans-wessels-accused-murderers-643084c2-bdbe-4b28-8e18-3b2650cfd90c?recruiter=1207530601&utm_source=share_petition&utm_medium=facebook&utm_campaign=psf_combo_share_initial&utm_term=psf_combo_share_initial&recruited_by_id=8ced24a0-bff0-11eb-bfc1-e91075aadb14&utm_content=fht-29098128-en-gb%3A0