Daar was Kersdag groot opgewondenheid toe Charline Corneluis altesaam 450 roomysbakke gevul met lekkernye aan kinders van Hawston uitgedeel het.


Daar was Kersdag groot opgewondenheid toe Charline Corneluis altesaam 450 roomysbakke gevul met lekkernye aan kinders van Hawston uitgedeel het.

Charline het ook 350 bakke vol lekkernye vir kinders in Mount Pleasant uitgedeel. Charline, wat ook n sopkombuis bedryf, bedank almal wat geld en lekkernye geskenk het om hierdie projek moontlik te maak. ”Baie dankie aan al my borge, veral die twee taxi-eienaars van Hawston en Danny Deelman. Mag die Here almal ryklik seen wat gehelp het om n groot glimlag op die kinders se gesigte te sit,” het sy vertel.

Charline se volgende projek is om skoolklere en skryfbehoeftes vir behoeftige kinders van Hawston en Mount Pleasant in te samel. Enigeen wat haar in hierdie verband kan help, kan haar by 079 034 0842 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.