Polisie waarsku oor slenters

Internetslenters is niks nuuts nie, veral nie as dit by die koop van produkte kom wat aanlyn geadverteer word nie.


Internetslenters is niks nuuts nie, veral nie as dit by die koop van produkte kom wat aanlyn geadverteer word nie.

Dit gebeur gereeld dat mense produkte aanlyn sien en omdat dit na ’n winskopie lyk, bestel hulle die produk en betaal gewoonlik ook ’n deposito.

AO Eduard Coetzee van die Caledon-polisie sê hulle kry gereeld klagtes kry van mense wat met ’n slenter gevang is nadat hulle ’n deposito betaal het, maar nooit die produk kry nie.

“Mense moet asseblief seker maak dat die mense of sakeondernemings by wie hulle die produkte koop, geloofwaardig is.

“Dikwels verdwyn hierdie mense net eenvoudig, hul rekeninge bestaan nie meer nie en hulle kan nie per telefoon gekontak word nie. Moenie sommer ter goedertrou na ’n onbekende adres gaan om iets in ontvangs te neem nie. Neem iemand saam en reël om dit by ’n openbare plek te gaan haal – verkieslik by ’n polisiekantoor,” waarsku Coetzee.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.