Vier mans, van wie een gewapen was, het Woensdag 12 Januarie omstreeks 11:00 die Caledon-poskan­toor binnegestorm, die posmeester gedreig en op geld aangedring, waarna hulle met hul buit weggejaag het.

Brig. Donovan Heilbron het die Afriforum-lugvleuel in die Overstrand genader om met behulp van ’n hommeltuig na die voertuig te help soek. Die hommeltuig-vlieënier, Lourens Theron, sê die verdagte voertuig is binne 20 minute in Zwelihle opgespoor.

Wetstoepassers is in kennis gestel waarna al die verdagtes later daardie dag in hegtenis geneem is.

AO Eduard Coetzee, ’n woordvoerder van die Caledon-polisie, het bevestig vier verdagtes is Woensdagmiddag in hegtenis geneem en die polisie het op ’n ongelisensieerde wapen, die voertuig asook die gebuite geld beslag gelê.

Die verdagtes het in die Caledon-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.