Die veteraan-motorskou was weer – soos voorheen – ’n reusesukses. Volgens Roy Groenewald, die organiseerder van dié suksesvolle skou, was 170 uitstallers betrokke by die skou, wat Saterdag deel van die Walvisfees was. Die veteraan-motorskou is by die Sandbaai-saal gehou. Nog foto’s van die Walvisfees en die motorskou is op bl. 10. Jolene Potgieter sit in ’n 1939-Jensen en volgens die eienaar, Charles de Villiers, van Sandbaai, is dit volgens sy navorsing die enigste motor van sy soort in die wêreld. “Daar is miskien nog een iewers in die wêreld, maar ons kon dit nog nie bevestig nie,” het hy gesê. Foto: Mariëtte Strydom
Pret by fees!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.