Caledon-prokureur reik uit na kinderhuis

Nege jaar gelede het Mariëtte Pretorius, ’n bekende prokureur in Caledon, vir die eerste keer met die ondersteuning van Caledon se NG Moedergemeente ’n projek van stapel gestuur om Kersgeskenke vir die Tulbagh-kinderhuis in te samel.

Vanjaar het vrywilligers weer geskenke met onder meer tekkies, sokkies, skryfbehoeftes en lekkergoed geskenk. Altesaam 145 geskenke is op 2 Desember by die Tulbagh-kinderhuis afgelewer en die kinders is ook met boereworsrolletjies, kolwyntjies, spookasem, appels en koeldranke bederf. Om tot die opgewondenheid en pret by te dra, is die kinders se gesiggies ook geverf.

You need to be Logged In to leave a comment.